End of the month SALTICRAX
March 31, 2009 in Featured by Mulla (Sergei Müller)

Aweh mense
Kykie… ek is kak jammer virrie lang tyd tussen articles, maar ‘n man was mos innie Kaap vir ‘n twee week holidays en was nog once innie holiday mood te ek terug innie London uitgestiek het.
Ma anyways… alles was virrie beste… Soes ek ‘n paar maande gelude gepromise het, is ek biesag met ‘n Kak Duidelik social network.
Iets soes Facebook… maar virrie Kullid gemeenskap.
Ons sal nog once die blog met articles en kak praat het, maar onse mense sal nou vir mekaar kan:
- private messages stuur
- op ‘n forum met mekaar praat
- hulle eie blogs skryf
- groepe begin of join
Hiesa’s ‘n sneak peak vannie Kak Duidelik se new “Gevrietboek”. Click ‘it vir ‘n grootere picture.
Vertel vir julle vriende wat klap by KD en kyk uit vir ‘n moerse klomp updates innie volgende twee weke of so.
Safe mase kinnes!
Mulla
